Varkvleisbroodjie

 

Hierdie broodjie is `n goedkoop manier van onthaal of om byvoorbeeld vir kersfees te maak.  Baie lekker!

 

500g gemaalde varkvleis

250g ontbytspek sonder swoerd gemaal

250ml gaar rys        

375ml droë broodkrummels

1 ui fyngekap

2 eiers geklits

5ml sout

2ml gedroogte salie

1ml peper

 

Voorverhit die oond tot 180 grade.  Smeer broodpannetjie.  Meng al die bestandele goed saam en druk styf in die pan vas.  Bak die broodjie 1 uur.  Sit dit warm of koud voor.  Lewer 6 tot 8 porsies.