Mexikaanse vleistert

 

Hierdie resep is ek baie lief om te maak.  Ek verdubbel hom gewoonlik vir die honger Van der Westhuizens.  Heerlike ligte ete saam met slaai vir die somer!

 

Kors

250ml water

2ml sout

250ml mieliemeel

250ml melk

15ml botter

1 groot eier, geklits

50ml gerasperde kaas

 

Vulsel

250g gemaalde maer maalvleis

30ml sonneblomolie

3 ryp tamaties geskil en fyn gesny

1 soetrissie ontpit en fyn gesny

15ml groen olywe, ontpit en in skyfies gesny(opsioneel)

sout en knoffelsout na smaak

knypie rooipeper

5ml witsuiker

15ml meelblom

200ml gerasperde kaas

 

Verhit die water en die sout tot kookpunt.  Maak die mieliemeel met die melk aan en voeg dit by die water en roer tot die mengsel dik en glad is.  Verlaag die hitte, bedek en kook die pap 10 minute lank tot gaar, stadig.  Klop die smeer by die pap.  Klop bietjie van die warm pap by die eier en meng alles baie goed.  Roer die kaas by en meng goed.  Spuit `n oondbak en voer die bak met die papmengsel uit.

Braai die maalvleis in die olie totdat dit begin verbruin.  Voeg die res van die bestandele, behalwe die kaas, by en stowe die mengsel totdat dit dik en sonder sous is en roer kort kort.  Skep die mengsel in die papkors en strooi kaas bo-oor.  Bak 40min in vooraf verhitte oond en laat ongeveer 10min staan voor dit gesny word.  Sit warm voor.