Heerlike bobotie

 

Hierdie bobotie is regtig vir my die geurigste van al die resepte wat ek al probeer maak het.  Ek is baie lief vir die gereg maar ongelukkig my familie nie, maar as ek dit die  dag maak, maak ek die resep!

 

Groep A

30ml gemaalde gemmer

30ml sagte bruin suiker

15ml kerriepoeier

15ml borrie

10ml sout

2ml peper

60ml botter of margarien

5 middelslag uie gekap

 

Groep B

2 snye witbrood

1kg maalvleis

150ml pitlose rosyntjies

60ml blatjang

30ml fyn appelkooskonfyt

30ml asyn

30ml worcestersous

30ml tamatiepasta

 

Groep C

375ml melk

2 eiers

vars suurlemoenblare (opsioneel)

 

Plaas die bestandele van Groep A behalwe die smeer en uie, in `n warm swaarboomkastrol en verhit dit goed sonder om dit te brand.  Voeg die smeer by en roer tot gesmelt.  Braai die uie daarin.

 

Druk die ergste water uit die brood en roer dit saam met die res van groep B se bestandele by die uiemengsel.  Kook die mengsel 20min oor matige hitte en roer dit gereeld.  Skep dit in `n gesmeerde oondvaste bak.

 

Klits die melk en eier saam en giet dit oor die vleismengsel.  Druk hier en daar `n suurlemoenblaar tregtervormig in die mengsel in.  Bak die bobotie ongeveer 45min in voorafverhiite oond van 180 grade.  Sit dit warm voor.