Spaghetti Bolognaise

 

50ml kookolie(4e)

2 groot uie in skywe gesny

2 knoffelhuisies gekneus

750g maalvleis

4 middelslag tamaties geskil en gekap

1 blikkie tamatiepasta(115g)

10ml suiker(2t)

7ml sout

1ml rissiesous of knypie rooipeper

1 pak spaghetti(500g)

375ml gerasperde kaas

25ml gekapte pietersielie(opsioneel)

5ml aromat(1t)

 

Verhit olie in pot en braai uie en knoffel daarin totdat die uie sag is.  Voeg maalvleis by en roer tot dit nie meer pienk is nie.  Voeg tamaties, tamatiepasta, suiker, sout en rissiesous by, sit deksel op en stowe `n halfuur oor lae hitte.  Kook intussen die spaghetti in soutwater tot sag, volgens aanwysings op die pakkie, dreineer en hou warm.  Roer die helfte van die kaas by die maalvleismengsel net voor opdiening.  Meng met die spaghetti, skep in opdienskottel en strooi res van die kaas en die pietersielie oor.  Sit warm voor.