Gebraaide steak of varkrepies

 

Hierdie resep is ek lief om te gebruik en die klapper gee die vleis ‘n besonderse smaak.  Ek maak dit vir ontbyt, aandete en ook sommer vir snacks!

 

Hoeveelheid vleis van jou keuse in repies gesny.  Meng gelyke dele koekmeel, klapper, sout en peper na smaak, en rol vleisrepies daarin.  Gooi `n bietjie olie in die pan en roerbraai tot gaar.