Tant Willem se estafo

 

2kg stowevleis

sonneblomolie

3 uie gekap

2 knoffelhuisies gekneus

250ml kookwater

6 middelslag aartappels geskil en halveer

1 blikkie tamatiepasta

125ml pitlose rosyne

200ml hanepootwyn

sout en peper na smaak

200ml gaar groen ertjies

6 groen of swart olywe(opsioneel)

 

Sny die vleis in blokkies en skroei in kastrol aan albei kante tot bruin en hou eenkant.  Braai uie en knoffel in dieselfde kastrol in `n bietjie olie.  Skep die vleis op die uie en voeg die kookwater by, sit die deksel op en stowe tot gaar en sag.  Voeg meer water by indien nodig.  Voeg die aartappels, tamatiepasta, rosyntjies, wyn, sout en peper by en roer dit om sodat die meeste aartappels onder in die kastrol is.  Sit die deksel op en stpwe die bredie verder tot die aartappels gaar is.  Voeg die ertjies en olywe by, roer dit liggies om en proe of daar genoeg sout, peper en wyn in is.  Geur indien nog nodig en sit vuurwarm voor.