Vleisrol

 

Hierdie vleisrol kan ewe lekker koud of warm bedien word.  Ekonomiese reseppie veral as jy vir `n klomp mense moet kos gee.

 

125ml sagte broodkrummels of oats in hulle plek

125ml vars tamatiesap(ek gebruik sommer tamatiesous)

125ml pietersielie(opsioneel)

2 eiers

1 knoffelhuisie gekneus

7ml sout

1ml peper

1kg gemaalde vleis

250g hamskywe

500ml gerasperde kaas

 

Voorverhit oond tot 180 grade.  Spuit oondbak.  Meng alles saam in `n mengbak.  Ek gebruik enige plastiek of foelie om die vleis op uit te druk.  Skep die vleismengsel op die plastiek en druk plat.  Rangskik die hamskywe bo-op en strooi die kaas bo-oor.  Rol die vleis op soos `n rolkoek en steek die sye vas met tandestokkies.  Plaas die rol in `n oondpan met die naat na onder.  Bak die vleisrol ongeveer `n uur op die middelste rak tot gaar.  Sit dit voor in skywe gesny.  Ek laat dit heeltemal afkoel en sit dit ook in die yskas tot koud voordat ek dit sny, anders breek die snye.  As ek dit warm wil voorsit, verwarm ek dit net weer.