Heerlike vleispastei

 

Kors

4x250ml koekmeelblom

20ml bakpoeier

2ml sout

250g botter of margarien

325-350ml melk

 

Vulsel

1kg maalvleis

500ml koue water

250ml sagte broodkrummels

25ml asyn

7ml sout

1ml peper

125ml cheddarkaas(gerasper)

1 eier geklits

 

Sif meel, bakpoeier en sout saam.  Sny die botter in met `n slaplemmes in die meelmengsel.  Vryf dit verder liggies met jou vingertoppe in tot goed gemeng.  Sny die melk ook in tot `n sagte hanteerbare deeg.  Druk liggies aanmekaar en bedek en laat staan vir `n halfuur in die yskas.  Meng die maalvleis en 250ml water.  Kook die vleis oor matige hitte met `n toe deksel tot gaar en roer af en toe.  Week die broodkrummels in die oorblywende 250ml water en voeg dit by die vleis.  Voeg die res van die bestandele by en kook tot slap en lymerig.  Laat dit afkoel.  Voorverhit oond tot 180 grade en rol twee derdes van die deeg uit op `n meel bestrooide plank en voer `n bak uit met die deeg.  Sit vulsel daarin en rol die oorblywende deeg uit en plaas bo-oor.  Druk randte styf vas.  Sny een of twee openinge in bokors sodat die stoom kan ontsnap.  Verf eiermelk of melk bo-oor en bak 25 tot 30 minute.  Sit warm voor.