Tjopskasserol met macaroni

 

6 skaapboudtjops

sout en peper

bietjie koekmeel

250ml water

75ml tamatiesous

25ml asyn

5ml suiker

250ml macaroni

1 ui gerasper

bietjie gerasperde kaas

 

Voorverhit oond tot 180 grade.  Spuit oondpan met deksel.  Geur tjops met sout en peper en rol dit in die meel totdat dit heeltemal bedek is.  Plaas hulle langs mekaar in die pan.  Meng die water, tamatiesous, worcestersous en asyn saam.  Gooi dit oor die tjops en strooi die suiker bo-oor.  Sit die deksel op en bak 60 tot 90 minute.  Kook die macaroni en ui saam in soutwater totdat die macaroni sag is.  Dreineer en hou warm.  Skep die macaroni op die gaar tjops en strooi kaas bo-oor.  Plaas die oondbak terug in die oond en bak dit sonder die deksel totdat die macaroni verbruin.