Koffie-varktjops

 

1,5kg varktjops

koekmeel, sout en peper saam gegeur

kookolie

2 uie skywe gesny

30ml botter of margarien

30ml kitskoffiepoeier

250ml kookwater

250ml asyn

125ml gouestroop

10ml bruinsouspoeier

sout en peper na smaak

 

Keep vetrandte van tjops.  Rol die tjops en die gegeurde meel en braai weerskante tot goudbruin in klein bietjie olie.  Pak die tjops in `n oondpan.  Braai die uie in die botter of margarien tot sag.  Los die koffiepoeier in die kookwater op en voeg dit by die uie saam met die asyn, gouestroop en souspoeier wat met `n bietjie water aangemaak is.  Gooi die koffiesous oor die tjops en sit deksel op en bak in oond op middelste rak by 150 grade vir 1 uur tot lekker sag.  Dien hulle warm op.