Duiwelslekker biefstuk

 

Hierdie reseppie is regtig sag en sappig, vandaar sy naam.  Jy kan ook dit in die oond bak indien jy so verkies.

 

1kg biefstuk

50ml koekmeel

10ml sout

7ml mosterdpoeier

1ml peper

50ml kookolie

250ml water

20ml worcestersous

5ml sojasous

 

Meng koekmeel, sout en peper en mosterd saam en rol vleiskywe aan beide  kante daarin.  Kap ook die mengsel in die vleis in met jou vleishammer of `n dik piering.  Braai een vleiskyf op `n slag in kookolie tot bruin.  Skep die vleis terug in die pot nadat alle vleis gebraai is. Meng die water, worcestersous en sojasous en gooi oor die vleis.  Sit die deksel dig op, verlaag die hitte en prut die vleis 2 tot 3 uur baie stadig.  Hou die nuuskieriges weg van die pot af en moenie die deksel oopmaak nie!