Krummelbiefstuk

 

500g biefstuk

2 eetl meel

2 tl bakpoeier

1 tl sout

kellogs krummels

2 eiers

 

Rol vleis in meel, bakpoeier, sout en souspoeier.  Meng droë bestandele eers.  Kap meelmengsel in vleis in met `n vleishammer of piering.  Klits eiers en rol vleis daarin en daarna in die krummels.  Spuit oondpan met spray en cook en plaas vleis daarin.  Bak in oond van 180 grade sonder deksel tot gaar.  Plaas altyd die dikste gedeeltes van die vleis na buitekant tydens gaarmaak.