Romerige varktjops

 

4 varktjops

15ml margarien

15ml olie

sout en peper na smaak

150g fyngekapte knopiesampioene

1ui gekap

50ml room

 

Sny swoerd en die vet van die tjops af.  Giet die olie en margarien in `n oondpan of bak.  Plaas die tjops saam met die olie in die pan en bak totdat dit gaar is.  Draai tjops na `n wyle om.  Geur met sout en peper.  Braai die sampioene en die ui op die stoof tot deurskynend en voeg die room by.  Voeg die sous by die tjops en plaas weer in die oond vir omtrent 20 minute.