Hoendergereggie in die mikrogolf

 

Gooi `n bietjie bruin uiesoppoeier onder in die argilla bak tot die boom bedek is.  Skil 2 wortels en sny repies of blokkies.  Skil 2 aartappels en sny in blokkies.  1 klein ui en 1 k ertjies.  Gooi weer `n lagie uiesoppoeier en pak dan 5 hoenderporsies, tjoppies of frikkadelle bo-op.  Geur met speserye en indien nodig sout en peper.  Gooi die res van die pakkie uiesoppoeier bo-oor die vleis en gooi 125ml water bo-oor.  Asjy`n gewone oond gebruik moet jy 250ml water gebruik.  Vir variasie kan jy 125ml rys in die bak gooi en 250ml water.  Plaas die rys vir 10 minute in die mikrogolf op 50% krag(medium).  Haal uit en maak soos bo.  Onthou vir `n gewone oond moet jy 125ml ekstra water gebruik.