Sosatie skaaptjops

 

12 lamtjops

1 groot ui

12,5ml olie

 

Kerriesous

125ml asyn

30ml appelkooskonfyt

12,5ml kerriepoeier

12,5ml mielieblom

30ml blatjang (opsioneel)

1 liter water

sout na smaak

 

Braai vleis ligbruin aan albei kante.  Braai uie daarna en verwyder van hitte.  Voeg by appelkooskonfyt, kerrie, blatjang.  Maak mielieblom aan met `n bietjie water en gooi by die sous.  Voeg sous by die vleis en prut vir 30 minute of tot gaar.