Gepekelde skof met vrugte en mosterdsous

 

1 gepekelde skof (grootte van jou keuse )

 

Vrugte en mosterdsous

1 ui in skywe gesny

10ml kookolie

50ml fyn appelkooskonfyt

500ml water

125g droë appelkose

125g droë appelringe

20ml aangemaakte mosterd

5ml gemmer

 

Sit vleis in `n kastrol en bedek met koue water.  Prut vir 2 tot 2 en `n halwe uur tot gaar.  Hierdie skof kan ook in die oond in `n bak met `n deksel gebak word, tot gaar.  Indien dit warm voorgesit word, haal vleis uit vloeistof en sny in dun skywe en sit voor met die vrugte en mosterdsous.  As dit koud voorgesit word, moet die vleis in die vloeistof afkoel voor jy dit skywe gaan sny.  Om die sous te maak, moet jy die ui braai in kookolie.  Haal van die stoof af en voeg appelkooskonfyt by en roer.  Voeg water by en roer sodat die konfyt kan oplos.  Voeg die res van die bestandele by en prut omtrent 10 minute tot vrugte sag maar nog ferm is.