Hoender en aartappelkoek

 

Aartappellaag

700g aartappels, gewas

3 eiers, geklits

15ml gekapte pietersielie

10ml gekapte basiliekruid

5-6 sprietui, gekap

halwe rooi soetrissie in blokkies gesny

250ml gerasperde kaas

sout en peper na smaak

 

Vulsel

500ml gekapte gaar hoender of kalkoen

30ml mayonnaise

4 repies spek, bros gebraai en in stukke gesny

knippie suiker

15ml tamatiemoes

185ml room

 

Voorverhit oond na 180 grade.  Kook die aartappels tot net gaar en dreineer , spoel onder koue water af, dreineer weer en laat afkoel.  Skil aartapppels en rasper grof in bak.  Roer die eiers, kruie,  sprietuie, soetrissie en die helfte van die kaas in.  Geur met sout en peper.  Druk die helfte van die aartappelmengsel liggies op die boom van die bak vas.  Verwerk die vulsel bestandele in die voedselverwerker tot gemeng maar nog effens grof.  Smeer die vulsel oor die aartappellaag in bak en bedek dan verder met die res van die aartappelmengsel.  Sprinkel die kaas oor en bak 60min tot ferm en gaar.  Laat dit 10min in pan staan en keer dan uit en sny in skywe.