Gerookte varknek met mosterd en kruiesous

 

1 gerookte varknek

 

Mosterd en kruiesous

2 eiers

75ml suiker

sout na smaak

10ml mosterdpoeier

125ml witasyn

10ml elk gekapte grasuie, orego en pietersielie

25ml pommery mosterd of heelkorrelmosterd

3ml swartmosterdsaad gemaal

125ml suurroom

 

Voorverhit oond tot 160 grade.  Draai varknek in foelie toe en bak tot gaar.  So 15-20min per 500g vleis.  Klits die eiers goed en voeg suiker, sout en mosterdpoeier geleidelik by terwyl gedurig geklits word.  Laat 15min staan en voeg dan die asyn geleidelik by terwyl jy dit gedurig klits.  Plaas die bak oor ‘n kastrol met kookwater en klits tot die mengsel verdik.  Laat afkoel en voeg dan die kruie, mosterd en mosterdsaad by.  Meng goed en voeg die suurroom net voor opdiening by.  Hierdie sous is ook heerlik as ‘n pastaslaaisous!