Aartappel en worsfrittata

 

60ml olie

2 groot aartappels, geskil en skywe gesny

1 ui, skyfies gesny

1 groen soetrissie, repies gesny

1 geel soetrissie, repies gesny

6 eiers

20ml gekapte oregano

sout en peper na smaak

100ml swartolywe, ontpit

 

Verhit die olie en soteer die aartappels oor matige hitte tot bruin en sag.  Skep dit uit en hou eenkant.  Soteer die ui, wors en soetrissies 6min in dieselfde pan en voeg die aartappels by.  Klits die eiers, orego, sout en peper saam en giet oor die bestandele in die pan, sprinkel dan die olywe oor.  Sit die deksel op en bak oor lae hitte tot gestol.  Sny dit in wiggies en sit dadelik voor.  Genoeg vir 6 mense.