Kortpad worsgereg

 

200g wors gebraai en in ringetjies gesny

2 snye witbrood

125ml melk

1 eier, geklits

1 tamatie, gekap

1 ui, gekap

20ml vars pietersielie

sout en peper na smaak

150ml chedderkaas

 

Voorverhit oond tot 200 grade en smeer oondvaste bak.  Meng al die bestandele behalwe die kaas en skep in die voorbereide bak.  Sprinkel die kaas oor en bak 20min tot die kaas gesmelt is. En bruin is.  Sit voor saam met ‘n griekse slaai.