Oondbak worsgereg

 

500g varkworsies

750ml rys, gekook

400g tamatiesop

1 klein blikkie gemengde groente, gedreineer

1 ui , fyngekap

sout en peper na smaak

 

Voorverhit die oond tot 200 grade en smeer ‘n oondvaste bak.  Plaas die worsies in die voorbereide bak en meng res van die bestandele en giet oor die worsies.  Bak 20min onbedek of tot die meeste vloeistof verdamp het.  Jy kan ook gerasperde kaas oor die gereg sit voor jy dit in die oond sit.