Ma Bootha se kaassmeer

 

Hierdie resep is baie lekker en spaar sommer baie geld, om dit self te maak.

 

1kg proseskaas

3k melk(moenie boksiemelk gebruik nie)

500g rama margarien(moenie iets anders probeer nie)

Aromat na smaak

2k biltong of enige speserye of knoffel soos jy verkies.

 

Kook 3k melk.  Rasper die kaas en voeg by die melk.  Roer aanmekaar en sit margarien by.  Wanneer margarien gesmelt is, moet jy nog bly roer totdat al die kaas gesmelt is.  Voeg die geurmiddels by.