Maandag Macaroni

 

Hierdie dis is voorwaar die moeite werd om te maak.  My macaroni en kaas disse was altyd droog en vervelig, niks om oor huis toe te skryf nie, totdat ek die resep in Millie se ma Tannie Elize de Vaal se resepteboek gekry het.

 

2k macaroni

4t sout

1,5 liter kookwater

2k gerasperde kaas

2eetl mielieblom

1 liter melk

5 groot eiers

5ml mosterd

peper na smaak

 

Kook macaroni sag en dreineer en skep in lae met gerasperde kaas in ‘n gesmeerde oondbak.  Meng mielieblom  met ‘n bietjie van die melk tot sonder klonte en voeg die mosterdpoeier ook daarby in.  Meng ook die 5 eiers daarby in met die res van die liter melk en gooi oor die gereg.  Bak 1 uur onbedek tot bruin en gestol.