Soutvleis

 

Pekel

3 en ‘n halwe k growwe sout

halwe k bruinsuiker

3eetl salpeter

2eetl koeksoda

5 liter water

3 knoffelhuisies

12 lourierblare

5ml swart peprkorrels

5ml wonderpeperkorrels

 

Los sout, bruinsuiker en salpeter in kookwater en giet deur ‘n kaasdoek lap in ‘n plastiek of vlekvrye bak.  Kneus die knoffel en bind in die gaasdoek toe en voeg by warm pekel.  Laat afkoel.  Plaas vleis in die pekel met ‘n gewig bo-op, nie metaal nie.  Laat vir 5 dae na gelang van die dikte van die stukke.  Stukke dinner as 7,5cm behoort 3 dae te vat.  Hou in koelkas en draai elke dag om.   Spoel vleis af.  Vars 1 uur lank uit in koue water.  Bedek met vars water en kook stadig oor matige hitte tot gaar.  Laat in vloeistof afkoel waarin gaargemaak.