Hongaarse Maalvleis

 

500g maalvleis

2 tafellepels olie

1 pakkie beestertsoppoeier

2 uie

8 sampioene

2 tamaties

56g blikkie tamatiepasta

1tl suiker

1tl paprika

1k water

halwe k suurroom of karringmelk

5 gekookte aartappels

sout en peper na smaak

 

Braai maalvleis in olie en voeg die uie en sampioene by en braai vir ‘n paar minute.  Voeg die res van die bestandele asook die soppoeier by, behalwe die suurroom en die aartappels.  Maak toe en stoom vir 20min.  Sit in ‘n gesmeerde bak.  Voeg die aartappels daaroor en dan die suurroom.  Strooi kaas bo-oor.