Skenkels met ryskluitjies

 

Skenkels

800g beeskenkels in skywe gesaag

30ml olie

1 groot ui in ringe gesny

1 groot soetrissie in repies gesny

30ml koekmeel

30ml tamatiepasta

5ml kruie vars of droog

5ml sout

1ml swartpeper

300ml vleisaftreksel

 

Ryskluitjies

250ml gaar rys

125ml koekmeel

125ml gerasperde kaas

5ml bakpoeier

5ml kruie vars of gedroog

1 eier geklits

melk

 

Voorverhit oond tot 160 grade.  Verhit die olie in kastrol oor matige hitte en braai vleis bruin.  Skep die vleis uit en skep dit oor in ‘n oondskottel met ‘n deksel.  Foelie kan ook gebruik word.  Soteer die uie en rissie in dieselfde kastrol tot sag.  Sprinkel die meel oor en roer goed.  Voeg die tamatiepasta, kruie, sout en peper en aftreksel by en roer deur.  Skep dit oor die vleis, plaas die deksel op en bak sowat 2uur of tot die vleis sag is.  Meng al die bestandele van die kluitjies deeglik tot ‘n sagte deeg.  Voeg ‘n bietjie melk by indien nodig.  Skep die kluitjies bo-op die vleis en bestryk dit met ‘n bietjie melk en bak sonder ‘n deksel 30 min of tot goudbruin en gaar.