Aartappelgereg met simba skyfies

 

Hierdie gereg kom van Toy Donald af saam met wie ek gewerk het by die Leer.

 

8 aartappels gekook en in skywe gesny

500ml room

1 groot pak simbaskyfies ( geur van jou keuse)

 

Pak `n laag aartappels in `n gesmeerde bak.

Rol skyfies fyn met `n rolstok en gooi `n laag daarvan bo-oor die aartappels.

Herhaal die lae tot alles op is en strooi gerasperde kaas heel bo-op.

Gooi room bo-oor en plaas deksel op of maak toe met foelie en bak in oond van 180 grade tot deurgebak.  Die lekker van die gereg is dat jy enigeiets kan byvoeg tot die lae, na jou smaak bv kaas, bacon, sampioene, knoffel en uie.