Bosveldaartappels

 

Hierdie aartappels is heerlik saam met skaapboud en groente.  Erg lekker!

 

1 aartappel per persoon

uitgebraaide varkvet

sout

suurlemoenpeper

mielieblom

vars room

 

Skil en halveer die aartappels oorlangs.  Kook hulle in `n bietjie soutwater net tot gaar, nie stukkend nie.  Plaas `n paar klonte varkvet in `n oondpan.  Sit die aartappelhelftes daarin met gesnyde kant onder.  Krap die geronde bokant van elke aartappelhelfte met `n vurk skurf sodat daar heelwat fyn aartappel bo-op is.  Strooi sout en suurlemoenpeper oor.  Meng mielieblom en room tot `n taamlike stywe pasta.  Skep versigtig daarvan op elke aartappel en plaas `n mespuntjie varkvet bo-op.  Bak die aartappels in `n warm oond tot mooi bruin.  Sit dit warm voor.