Molshope

 

3 tot 4 groot aartappels

groterige klont botter of margarien

2 tot 3ml bakpoeier

sout na smaak

250ml room

125ml gerasperde Cheddar kaas

 

Voorverhit oond tot 180 grade.  Smeer `n groterige oondskottel.  Skil en kook die aartappels gewoonweg tot sag.  Dreineer en druk dit fyn.  Voeg die smeer, bakpoeier, sout en `n bietjie van die room by en klop die mengsel met `n vurk tot lig.  Skep lepelsvol van die aartappelmengsel in die oondskottel.  Giet die res van die room oor.  Strooi kaas bo-oor.  Bak die aartappels 20 tot 25 min.  Sit dit warm voor.  Lewer 4 tot 6 porsies.