Konsertina aartappels

 

Ek maak dit altyd vir bykos by `n braai, maar jy voel letterlik die kilo`s meer word na elke hap!

 

8 middelslag aartappels

250g botter of margarien

1 pakkie dik wit uiesoppoeier

 

Voorverhit die oond tot 180 grade.  Skrop die aartappels skoon, moenie hulle afskil nie.  Sny elke aartappel met `n skerp mes in 1cm skyfies, maar moenie die skyfies tot onder deursny nie.  Plaas die aartappels met die gesnyde kant na bo in `n oondvaste bak met `n volume van 1,5l.  Smeld die botter of margarien oor matige hitte.  Haal dit van die stoof af en roer die soppoeier by.  Skep die mengsel oor die aartappels en sit die deksel op of maak toe met foelie.  Bak die aartappels 2uur of bietjie meer, bedruip met die sous in die bak tot sag en gaar.  Skep die aartappels versigtig uit in `n opdienbak en sit warm voor.