Groenboontjiekoekies

 

Hierdie koekies maak ek gereeld as ek oorskiet boontjies in die yskas het.

 

750ml gesnipperde groenboontjies

375ml koekmeel

10ml bakpoeier

5ml kerriepoeier

5ml sout

 knippie peper

2 eiers geklits

5ml fyn gerasperde ui

 

Kook die boontjies tot sag en dreineer en laat afkoel.  Sif die meelblom, bakpoeier, kerrie, sout en peper.  Voeg die boontjies by en meng.  Voeg die eiers en ui by en meng tot deeg, voeg `n bietjie water by indien deeg te styf is.  Skep lepelsvol van die die deeg in vlak warm olie, druk die koekies  effens platter en braai aan albei kante tot goudbruin.  Dreineer op kombuispapier en sit hulle warm voor. klontjies botter.