Wortels met suurroomsous

 

Die suurroomsous en wortels is `n heerlike kombinasie.

 

700g worteltjies skoon geskraap

1 Suurlemoen, sap en gerasperde skil

7ml suiker

30ml botter

25ml water

250ml suur room

sout en peper

 

Kook die wortels in `n bietjie kokende water tot sag en dreineer.  Plaas die suurlemoensap, suiker, botter en 25ml water in `n pan en verhit totdat die botter gesmelt is.  Soteer die worteltjies liggies in die mengsel en skep dan uit in `n opdienbak.  Voeg die suurroom by die pansappe en geur liggies met sout en peper.  Verhit terwyl gedurig geroer word tot die sous effens verdik.  Giet oor die wortels en sprinkel die suurlemoenskil oor.  Genoeg vir 4-6 mense.