Heerlike aartappelgereg

 

Hier is nog `n variasie op `n aartappelgereg.

 

6-8 aartappels geskil en in skywe gesny

1 pakkie wit uiesoppoeier

botter of margarien

1 houertjie room (250ml)

 

Pak aartappels skywe in `n S/S Classic Roaster.  Strooi wit uiesoppoeier oor.  Skep stukkies botter bo-oor.  Gooi room bo-oor en plaas deksel op en mikrogolf 18 min op 75%.  Kan ook in  gewone oond gebak word tot gaar.