Tamatie en uiesmoor

 

Hierdie is my gunsteling tamatie en uie sous wat ek gereeld maak wanneer ons braai.

 

25ml olie

1 ui in ringe gesny

2 knoffelhuisies gekneus

1 Granny Smith appel geskil en blokkies gesny

2 tamaties ontvel en gekap(ek gebruik hom met die skil)

20ml matige kerriepoeier

25ml suiker

30ml druiweasyn

10ml borrie

50ml vrugteblatjang

25ml tamatiesous

5ml braaispeserye

1 hoenderaftrekselblokkie

500ml kookwater

12,5ml mielieblom

 

Verhit die olie en braai die uie en knoffel daarin tot sag.  Voeg die appel en tamaties by en soteer verder.  Voeg die res van die sous bestandele behalwe die mielieblom by, verlaag die hitte en prut tot `n dikkerige sous gevorm het.  Meng die mielieblom met `n bietjie water en voeg by die sous.  Roer goed en laat goed kook.