Warm beet in lemoensous

 

800g beet gekook en skoon gemaak

1 kaneelstok of bietjie fyn kaneel

250ml vars lemoensap

30ml vars suurlemoensap

45ml sagte bruinsuiker

sout na smaak

10ml mielieblom aangemaak met bietjie water

 

Sny gaar beet in skywe.  Meng res van die bestandele buiten die mielieblom en bring tot kookpunt.  Prut 5 min lank, voeg die mielieblom by en prut tot verdik.  Giet oor die beet en verhit weer.  Dien warm op.  Genoeg vir 4-6 mense.