Romerige Sampioensous

 

Hierdie sousie het Hannah en Annetjie een aand aanmekaar geslaan met een van ons vele eetsessies.  Baie lekker!!

 

2 uie fyn gekap

1 pakkie sampioene skyfies gesny

1 pakkie sampioen of uieroomsop

2 k melk

 

Braai uie en sampioene tot gaar.  Maak die sop met `n bietjie ekstra melk aan tot al die klonte opgelos is.  Voeg 2 k melk by die uie en sampioene en laat weer opkook.  Voeg nou melk en sopmengsel by en roer aanhoudend tot dik.  Indien sous te dik is kan nog meer melk bygevoeg word, vir `n dunner sous.