Room Sampioensous

 

1 groot ui in ringe gesny

1 knoffelhuisie fyn gedruk

botter om in te braai

2 houers (250g) knopiesampioene in skyfies gesny

250ml room

5ml mielieblom

sout en peper

 

Soteer die ui en knoffel in botter tot sag.  Voeg die sampioene by en soteer tot effens bruin.  Voeg die room by en prut totdat `n dikkerige sous gevorm het.  Meng die mielieblom met `n bietjie water en roer by mengsel.  Laat net weer kook en geur na smaak met sout en peper..  Lewer 750ml sous