Tannie Baby Pretorius se Spinasietert

 

2 bondels spinasie

250g bacon gesnipper

1 glasie suurroom

1 houer (250g) maaskaas

1 pakkie wit uiesop

2 uie fyn gekap

Halwe k meel

2 eiers

2 k kaas(gerasper)

 

Kook spinasie tot gaar en water af.  Braai uie en bacon.  Meng uie en bacon met spinasie.  Meng eiers, suurroom, maaskaas en soppoeier.  Voeg by spinasiemengsel en gooi meel by en meng deur.  Meng 1k kaas in spinasiemengsel.  Gooi in gesmeerde bak en strooi res van kaas bo-oor.  Bak in `n vooraf verhitte oond van 180 grade vir 25 min of tot toetspen skoon uitkom.