Gebakte Groenbonegereg

 

500g groenbone(nie frenchcut nie)

250g spek

1groot ui, grof gekap

1 pakkie sampioene, gekap

Halwe groot pak niknaks

1 pakkie kaassous

250ml room

125ml gerasperde kaas

 

Meng alles saam behalwe die kaassous en die room.  Maak kaassous aan met room en gooi bo-oor.  Gooi kaas oor en bedek met foelie of deksel.  Bak 1 tot 1 en ‘n half uur by 180 grade.