Heerlike Pampoen en Patatgereg

 

Gelyke hoeveelhede van butternuts en patats

1 pakkie bruin uiesoppoeier

250ml room

 

Skil die groente en sny in stukke so groot soos jy verkies.  Meng dit deurmekaar in ‘n bak en strooi die soppoeier bo-oor en meng weer deurmekaar.  Gooi die room bo-oor en maak toe met foelie of ‘n deksel.  Bak 1 uur lank by 180 grade en maak daarna oop en bak verder tot lekker sag en sous dik is.