Gebakte kool

 

Hierdie kool is baie lekker selfs my kinders eet daarvan!

 

1 liter fyngekerfde kool

5ml suiker

1ml paprika

150ml gerasperde cheddarkaas

150ml room

1ml sout

50ml gedroogde broodkrummels

 

Skep die gekerfde kool in ‘n bak.  Meng die room, suiker, sout en paprika goed en gooi oor die kool.  Strooi die broodkrummels oor en bak met die deksel op vir 30 min.  Verwyder uit die oond en strooi die kaas oor en bak ‘n verdere 10min.  Bedien warm.