Heerlike stampmieliegereg

 

500ml stampmielies

7ml sout

10ml botter of olyfolie

250g gesnipperde spek

250g sampioene in skyfies gesny

250ml mayonnaise

125ml room

1 pakkie wit uiesop

250ml gerasperde kaas

Peper na smaak

 

Week die stampmielies oornag in water.  Dreineer en giet die mielies in kastrol en voeg die sout by.  Gooi genoeg water om die mielies te bedek en kook tot sag en dreineer.  Voorverhit die oond na 180 grade en spuit oondvaste bak.  Verhit olie en braai die spek en sampioene tot bruin.  Meng die mayonnaise, room, soppoeier en kaas in ‘n mengbak.  Voeg die mielies, spek en sampioene by.  Geur met peper.  Skep mengsel in die voorbereide bak en bak ongeveer 60 minute tot bruin bo-op.  Genoeg vir 5-8 mense.