Geroomde Idealmelk pasta

 

250g pasta

15ml olyfolie of gewone olie

50ml botter

5 spriet uie gekap

3 stingels seldery(opsioneel)

5ml fyn knoffel

50ml meel

peper na smaak

1 groot blik idealmelk

spek en sampioene na smaak om in die pasta te meng.

 

Kook die pasta volgens aanwysings op verpakking.  Dreineer en meng olie daarby in.  Terwyl pasta kook smelt botter in pot en braai uie en knoffel en seldery tot sag.  Meng meel daarby en voeg die melk bietjies vir bietjies by terwyl jy aanhoudend roer.  Voeg by jou sampioene en spek wat klaar gebraai is daarby.  Gooi bo-oor jou pasta.  Hier kan allerhande variasie gebruik word na jou sin.