Gort en Groentegebak

 

1 groot ui, gekap

1 groen soetrissie, repies gesny

2 wortels, ringe gesny

halwe kop broccoli, kleiner gebreek

kwart kop kool, repies gesny

2 aartappels, geskil en blokkies gesny

1 blik pitmielies, gedreineer

2 knoffelhuisies, gekap

250ml sultanas of pitlose rosyne(opsioneel)

250ml gort

1 pakkie hoenderroomsop

750ml louwarm water

sout en peper na smaak

250ml gerasperde kaas

125ml suurroom

30ml gekapte pietersielie

 

Voorverhit oond na 200 grade, spuit bak.  Meng ui, soetrissie, wortels, broccoli, kool, aartappels, mielies, knoffel, sultanas en gort.  Los die sop in die warm water op en voeg by die groente, meng deur.  Geur met sout en peper.  Plaas in bak, bedek en bak 45min lank.  Meng die kaas, suurroom en pietersielie en skep bo-oor die groente.  Bedek weer en bak nog 10min tot die kaas gesmelt het en die gort sag is.  Sit dit warm voor.  Genoeg vir 6-8 mense.