Gemarineerde groente

 

100ml olyfolie

2 klein eiervrugte, in ringe gesny

250g sampioene, skoongevee

1 rooi soetrissie, repies gesny

1 ui gekap

2 knoffelhuisies, gekneus

125ml rooiwynasyn

50ml gekapte pietersielie

sout en peper na smaak

 

Verhit die olie en soteer die eiervrugte tot sag.  Skep dit saam met die olie in ‘n mengbak.  Laat afkoel en voeg die sampioene en soetrissie by.  Meng nou die res van die bestandele en giet oor die groentemengsel.  Bedek en mariner oornag of 2 dae in die yskas.  Genoeg vir 6-8 mense.