Patatwiele

 

1,5kg patats, geskil en skywe van 2cm dik gesny

5ml sout

250ml suiker

2 rolle bevrore skilferdeeg

250ml bruinsuiker

250ml botter

20ml kaneel

 

Voorverhit oond 180 grade.  Kook die patats in soutwater tot sag.  Roer die wit suiker by die gaar patats in.  Rol die deeg effens dunner uit.  Skep die patats op een derde van die deeg en rol op en sny in skywe van 4cm.  Pak die patatskywe in ‘n oondvaste bak.  Smelt die bruisuiker en botter saam en giet oor die patatskywe.  Strooi die kaneel oor.  Bedek met tinfoelie en bak 30min of tot goudbruin en gaar.  Genoeg vir 6-8 mense.