Pampoenpoffertjies

 

1kg geskilde pampoen

1kg koekmeel

knippie sout

4 eiers geklits

olie vir diepbraai

 

Sous

 

45ml vlapoeier

90ml suiker

500ml melk

125g donker sjokelade, blokkies gebreek

125ml port

 

Kook die pampoen sag en meng met die meel, sout en eiers tot ‘n slap deeg.  Verhit baie olie tot warm.  Bak teelepelsvol in olie en bak tot gaar.  Dreineer op ‘n papier handdoek en skep in opdienbak.  Meng die vlapoeier vir die sous met ‘n bietjie melk tot ‘n pasta.  Verhit die res van die melk  tot goed warm.  Roer die vlapasta daarby in en kook tot dik en roer gedurig.  Meng die sjokeladestukkies en port met die warm vla tot sjokelade gesmelt is.  Gooi die sous oor die poffertjies en garner met kaneelstokkies.  Genoeg vir 15-20 mense.