Groenboontjiegebak

 

Vulsel

4k boontjies

125g spek

1 groot ui

1 ryp tamatie

1 eetl mielieblom

halwe k water

1t sout

peper na smaak

 

Kors

 

4 aartappels

halwe k kookmelk

1t pietersielie

halwe t bakpoeier

halwe t sout

peper

driekwart k gerasperde kaas

 

Vulsel:  Kook die bone tot gaar.  Braai saam spek, ui, tamatie.  Meng die mielieblom met die water en voeg sout en peper by en meng daarna met die spekmengsel tot dik.  Meng met die boontjies en plaas in ‘n voorbereide bak.

Kors:  Skil en kook die aartappels tot sag en druk fyn.  Meng die res van die bestandele by die aartappels in en skep bo-op boontjievulsel.  Strooi kaas bo-oor en rooster in die oond tot kors verbruin.  Sit warm voor.