Spinasiekoekies

 

8k gesnipperde spinasie

2 groot aartappels

2 uie

1k bruismeel

1 en half t sout

1t tiemie

peper na smaak

2 groot eiers

olie

 

Roer die spinasie in ‘n kastrol tot net sag(moenie water bysit nie)

Skil en rasper die aartappels en meng met die spinasie, meel, sout, tiemie en peper.  Klits die eiers en roer by die mengsel.  Bak eetlepelsvol in vlak matige olie.  Moenie te vinnig braai nie anders verkleur die spinasie swart en smaak bitter.  Koekies vries goed.  Lewer 20 koekies.