Blomkool in kombersies

 

1 middelslag kop blomkool

driekwart k koekmeel

5ml bakpoeier

5ml sout

2ml gemaalde neutmuskaat

200ml melk

1 eier

15ml botter

olie

 

Breek die blomkool in stukkies en kook sag in soutwater tot net gaar, maar nie pap en dreineer.  Sif die meel, bakpoeier sout en neutmuskaat saam.  Klits die melk en eier saam en voeg by die meelbestandele en meng goed.  Smelt die botter en voeg by die beslag.  Giet ‘n pot halfvol met olie en verhit oor matige hitte tot warm.  Braai net paar stukkies op ‘n slag.  Doop die blomkoolstukkies in die beslag, laat dit effens afloop en braai tot goudbruin aan albei kante.  Dreineer op papierhanddoek en sit warm voor.